Tuisblad
Meer oor Emoe olie
Getuienis
Produkte
Emoe Boerdery
Media
Skakels
Kontak ons
FAQ
  English
 

HOEKOM BOER MET EMOES?

Emoes is vir die afgelope 10 000 deur die Aborigine van Australië geslag vir hul vleis, velle en veral hul olie.

Vir minstens twee maande van die jaar is daar in die emoe se natuurlike habitat in die Australiese woenstynagtige binneland min, indien enige water. Deur die eeue het die emoes aangepas by hierdie toestande en begin inderwaarheid kort voor hierdie tyd van die jaar broei.

Die inkubasieperiode vir emoe-eiers is 54 dae. Die mannetjie behartig die uitbroei en grootmaak van die kuikens en hy sit in hierdie tyd op die nes en eet of drink glad nie. Om te oorleef maak hy gebruik van ‘n olieklier, wat op die voël se rug voorkom en olie opbou gedurende die jaar.

Emoe-olie het verskeie eienskappe. Dit is onder meer:

  • Anti-inflammatories
  • Hoog in essensiële vetsure (Omega 3, 6, 7 en 9)
  • Hoog in Vitamien E
  • Bevogtigend
  • Beduidende wondgenesingseienskappe
  • Bevorder die snelle genesing van brandwonde
  • Vel-penetrerend – hoë teenwoordigheid van oliesuur
  • Natuurlike kollageeninhoud
  • Nie-komedogenies – verstop nie porieë nie
  • Nie-irriterend – soos water

Dit is ‘n natuurlike produk wat in verskeie terapeutiese geneesmiddels gebruik word vir die behandeling van artritis, spierpyn, inflammasie, verlaging van bloedsuiker, bloeddruk en cholesterol, sowel as in kosmetiese produkte omdat die olie bevogtig, die vel penetreer en helende eienskappe besit.

Die vleis is soortgelyk aan volstruisvleis en is laag in cholesterol en byna vetvry.

Wanneer die vel gelooi word, is dit ‘n sagte, plooibare leer wat geskik is vir die modebedryf.

Dit is maklik om die voëls groot te maak. Boonop lyk dit tot dusver dat hulle nie tot enige siektes geneig is nie.

Terug na Emoe boerdery  

© 2010 Emuphoria
Webwerf ontwerp deur
Polar Design Solutions