MEER OOR EMOE-OLIE
Emoe-olie en diere
In die laaste paar jaar het die menslike gebruikers van emoe-olie drasties toegeneem. In Suid-Afrika word die effek van die olie op diere nou ook getoets. Veeartse gebruik dit al die laaste vier jaar met groot sukses in die VSA en Australië.
Dit word met groot sukses gebruik vir die behandeling van letsels, snye en wondhegtings vanweë die anti-inflammatoriese bestanddele in die olie, die diep penetrasie en die vermoë om wonde en letsels te genees. Perde is geneig om weefselletsels te ontwikkel. As die olie gereeld op die granulasieweefsel van hierdie perde aangewend word, kan dit die littekens verminder.
Help om wonde vinniger te genees en minder letsels te vorm.
Die olie word twee maal daagliks op seer spiere en gewrigte aangewend. Dit werk ook goed vir brandsiekte, jeukerigheid en die vermindering van vlooie.
Dit help vir artritis en spierpyne wanneer honde dit inwendig neem. Dit bevorder algemene gesondheid en ‘n blink pels.
|